Caren Louw
OOR MYSELF
My naam is Caren Louw en ek is die kleindogter van Wynand Johannes le Grange (b1c1d2e14f2g6h9). Ek is 'n navorser van die Le Grange-familie met 'n spesiale belangstelling in die Le Grange's van die Klein Karoo.
Ek woon in die Noord-Kaap (naby Kimberley) saam met my man, Elmo, en ons twee kinders, Carla en Ivan.
Ek is ook 'n navorser van die vanne Fourie, Stander, Botha, Louw en Willers. Ek hoor graag van ander navorsers en belangstellendes.

Stamouers:

NUUSBROKKIE

Die foto in die banier hierbo is geneem op Matjiesvlei naby Calitzdorp in die Klein Karoo.

In die negentiende eeu het Matjiesvlei in sy geheel behoort aan my voorouer, Casper Francois le Grange en dit is dan ook die geboortegrond van my oupa.

Dele van Matjiesvlei is intussen aan ander eienaars verkoop, maar die Matjiesvlei Vakansieplaas behoort steeds aan 'n nasaat van Casper le Grange, my kleinneef, Bennie Nel.

Besoek hulle webwerf hier: